|
|
"Die CY Market was vir my nog ‘n aanduiding dat die Noordelike Voorstede nie agter ‘n boereworsgordyn verskuil is nie, maar ‘n stylvolle gordyn van 100% styl, omsoom met kreatiwiteit. Die lieflike plaasatmosfeer met sy ‘plaaswerf’ gevoel was deel van die ervaring, maar dit was die fyn aandag aan detail van Ansomari en haar span wat hierdie mark verhef tot ‘n klas van sy eie. Orals was daar iets nuuts om te ontdek en raak te sien. Die uitstallers was die room van die oes: ek is daar weg met handgemaakte juwele, handgemaakte brode, tuisgemaakte lekkernye, enig-in-sy-soort handkuns, keramiek en bekostigbare, oorspronklike klein geskenkies om in my geskenklaai te bêre.
Die feit dat die eerste CY Market saamgeval het met die Durbanville Wynvallei se Seisoen van Sauvignon-lentefees het daartoe bygedra dat besoekers die skeppende talente uit ons mooie vallei op vele vlakke kon ervaar. Ek hoop die tradisie word voortgesit."
|
|
|
"Die CY Mark 2009 was 'n vars konsep wat sy eie plek moes vind tussen die talle ander markte in die area. Inderdaad 'n nuwe produk met sy eie geure, kleure en smake! En nuut was dit beslis - pragtig geleë in die Durbanville wynvallei te Alba Gasteplaas was dit 'n fees van kreatiewe mense, kreatiewe geskenke, speelgoed, vars blomme, broodplanke uit Frankryk, liplekker kos, organiese kosprodukte, antieke meubels, speel en ontspan vir die gesin en vele meer."
|
|
|
"Dit was ‘n wonderlike geleentheid om deel te wees van die CY Mark 2009. Die positiewe gesindheid en vriendelikheid waarmee die organiseerders al die reëlings in plek gehad het, het dit ‘n fees gemaak om met hulle saam te werk. Daar was ten alle tye ‘n gees van entoesiasme en opgewondenheid. Dit is fantasties om in die Durbanville wynvallei ons eie feesmark te kan hê. Die kwaliteit en verskeidenheid produkte was van hoogstaande gehalte. As dekor & “vintage” teetuin, het die mark ‘n positiewe invloed gehad op die bekendstelling van my winkel. Ons sien uit na CY Mark 2010!"
|
|